Ek het met die aanvang van hierdie blog rerig gedink ek sal baie meer hierop skryf. Toe nie. Sedert ek begin studeer het aan LLB het die tyd verbygevlieg. Sover is die modules wat ek gedoen het baie interessant en baie meer uitdagend as wat ek gedink het. Ek sal oor die volgende paar blogs elke module bespreek en wat my ervaringe daarmee saam was.
Om regte te studeer is soos om 'n honeursgraad te behaal aangesien mens direk na LLB 'n meestersgraad kan behaal. Ek het nooit daaraan gedink nie, maar dit maak ook nie saak nie. Ek sien LLB as 'n deur tot 'n nuwe en belonende deel van my beroep. Al die moeite sal op die ou einde definitief dit werd wees.
Heel eerste moet ek net noem dat die kursus baie meer uitdagend is as wat my BA-graad in kommunikasiewetenskap was. Dit maak sin, eintlik. LLB bekwaam mens om oor sake menings te vorm wat ander mense sal gebruik om baie ernstige besluite te neem, of dit nou in die hof is, in die sakewêreld of in die staat. Kennis van die reg is altyd handig en kan mens amper altyd help.
Hoe benader mens die modules? So gou as moontlik. Die beste plan vir my sover was om so gou as moontlik die take af te handel en dan met die leerwerk te begin. So gou as moontlik beteken vir my dieselfde dag as wat ek vir die vakke geregistreer het. Met elke semester nog het ek op die eerste dag wat ek kon vir die modules registreer om myself so veel as moontlik kans te gee om dit klaar te maak. Met die eerste semester van 2016 het dit nie so waffers gewerk nie, maar mens het net een swak taak nodig om mens te motiveer om net soveel beter te doen met die volgende taak.
Hierdie semester sal ek sien hoe ek gevaar het, maar ek weet ek sal baie harder moet werk.
Groete tot 'n volgende keer.
No comments:
Post a Comment